Kate Middleton se verlowingsrok te koop
2011-02-09 14:10
Londen – Die rok wat Kate Middleton tydens haar amptelike verlowingsfoto saam prins William gedra het, is nou te koop.
Die rok, wat deur die Reiss-modehuis ontwerp is, en as ‘Nannette’ bekendstaan, is verlede jaar deur Middleton by die maatskappy se winkel in Londen gekoop.
Volgens Lyndon Mackenzie, bestuurder by die maatskappy se Soho-winkel in New York, vlieg die rok van die rakke en sal dit waarskynlik teen die naweek uitverkoop wees.
Terwyl almal gis oor Middleton se rok in die verlowingsfoto, sê Mackenzie die toekomstige prinses sal Reiss kies om haar rok vir haar groot dag te ontwerp.
Mackenzie sê hy dink Middleton se trourok sal tydloos en klassiek wees, maar tog gesofistikeerd.
William en Kate trou op 29 April.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP