Kate Hudson maak seun se naam bekend
2011-07-15 14:44
Los Angeles – Die aktrise Kate Hudson het haar babaseun Bingham Hawn genoem.
Hudson en haar verloofde, Matt Bellamy, se seun is op 9 Julie gebore.
Bellamy het op sy Twitter-blad aangekondig ma en baba sterk goed aan en is gesond.
“Bing het na vier en ‘n half ure sy verskyning gemaak,” het hy gesê.
Hy het later die baba se name verduidelik en gesê Bingham is sy ma se nooiensvan. Hudson se ma se van is Hawn, en dis hoekom Bingham se tweede naam ‘Hawn’ is.
Hudson en Bellamy het na hul seun se geboorte gevra dat bome geplant moet word om hul seun se koms te vier. Dieselfde was tydens Hudson se ooievaarstee gedoen.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.