Kardashians se ma kry eie kletsprogram
2013-01-29 16:04
Los Angeles – Kris Jenner, die ma van Kim, Khloe en Kourtney Kardashian, gaan haar eie geselsprogram op televisie kry, het die Amerikaanse uitsaaier Fox bekend gemaak.
Jenner se program, Kris , gaan vir eers net ‘n toetslopie kry op van Fox se geaffilieerde kanale in Los Angeles, New York en ander stede.
As die program goed vertoon sal dit landswyd gewys word.
Die daaglikse, uurlange program, sal onderhoude met glanspersoonlikhede insluit en leefstyl tendense aanspreek, het Fox gesê.
Jenner (57) was voorheen al ‘n gasaanbieder op CBS se The Talk.
"Dit is iets wat ek al my hele lewe lank wil doen, so dit is definitief ‘n droom wat waar word! Ek kan nie wag vir my nuwe avontuur om te begin nie,” het Jenner in ‘n verklaring gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters