Kardashian se velprobleem terug
2011-12-19 18:52
Los Angeles – Die sosiale vlinder en realiteitstelevisiester Kim Kardashian se velprobleem, psoriase, het weer kop uitgesteek weens stres oor die verbrokkeling van haar huwelik.
Kardashian en haar vervreemde man, Kris Humphries, was slegs 72 dae getroud en wil hul huwelik op grond van bedrog beëindig.
Dít veroorsaak egter nou dat haar velprobleem, wat in Julie by haar gediagnoseer is, weer kop uitgesteek het.
'n Bron het aan die tydskrif National Enquirer gesê die velpobleem laat Kardashian nie net jeuk nie – dit veroorsaak ook erge pyn vir die televisiester.
"Dit is veral baie pynlik wanneer Kim in die aande in die bed lê. Sy is bang die rooi kolle gaan binnekort haar hele liggaam bedek. Sy het al 'n paar keer daaroor gehuil."
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.