Kapenaars hou asem op vir Elvis en Adeline

2010-09-07 09:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - As jy nie gisteraand jou duime gebruik het om vir die twee Wes-Kapenaars in Idols se toptien te stem nie, kan jy vandag jou bydrae lewer deur styf duim vas te hou vir hulle.

Die SMS-stemlyn in M-Net se gewilde talentprogram het gisteraand om 22:00 gesluit, en teen vanaand om 19:00 sal ons weet wie is in en wie is uit.

Elvis Blue van George en Adeline Mocke van die Moederstad was al van die oudisieronde af onder die gunstelinge.

Sondagaand was Blue die eerste van die toptien-kandidate aan die beurt en hy het die gehoor én die beoordelaars sonder veel moeite beïndruk met sy rockweergawe van Wild Cherry se “Play that Funky Music”.

Die Idols-beoordelaar Mara Louw was omtrent in haar noppies met sy vertoning.

“Sjoe, jy moet eintlik al besig wees om die wêreld plat te toer!” het sy gesê.

Selfs Randall Abrahams, bekend vir sy bytende kommentaar, het gesê Blue het goed gevaar. Hy het hom gewaarsku dat hy met sulke vertonings sal moet volhard. “As jy hierdie week so goed is, moet jy volgende week net so goed wees (om in die kompetisie te bly).”

Met terugvoer soos dié kan ’n jong musikant seker maklik grootkop kry, maar dit is juis die sanger se onopgesmukte geaardheid waarby sy aanhangers aanklank vind.

Blue het gister gesê hy probeer om nie te bekommerd te wees oor dié week se stemmery nie.

“Of dit nou goed of sleg gegaan het, ek probeer maar altyd om rustig te wees. Ek weet ek het my beste gelewer,” het hy gesê.

Sy vrou, Chireze Hoogendyk, wat ook sy bemarking behartig, het gister gesê sy is baie trots op hom. “Almal moet asseblief nou al vir Elvis stem. Mense sê hulle sal wag totdat hy onder die topdrie is, maar hy het nóú stemme nodig!”

Mocke het baie om te bewys ná gerugte dat sy net na die volgende ronde deurgelaat is omdat sy mooi is. Dié voormalige FHM-model voel egter sy het hard gewerk om te kom waar sy is. “Ek mag (dalk) nie die mees ervare deelnemer wees nie, maar het stemlesse geneem en in ’n plaaslike restaurant in die Strand gesing om my voor te berei.”

Hoewel sy in Sondag se vertoning baie negatiewe kommentaar gekry het, beteken dit nie die einde nie. “Dit beteken net dat die vier beoordelaars nie dieselfde smaak het nie.” Sy het Prince se “Purple Rain” gesing.

“Al die beoordelaars het gevoel sy is toptien-gehalte en dis hoekom sy deur is. Gareth Cliff se uitlating was slegs ’n eerste reaksie,” het Ingrid Engelbrecht, M-Net se reklamebestuurder van plaaslike produksies, gesê.

Cliff het by haar oudisie gesê Adeline is deur na die volgende ronde nog voordat sy begin sing het.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mdegrobler sê... Fantastic!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 129,995.00

AUDI

A4 Avant 1.8T Multitronic 7-sp MY05
2007
R 265,000.00

NISSAN

X-Trail 2.2D SEL Dsl 4x4
2007
R 239,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.