Kanye kla oor Kim se gewig
2012-09-25 15:10
Los Angeles – Kanye West wil hê sy meisie, Kim Kardashian, moet gewig verloor.
Die kletsrymer het glo sy televisiester-meisie aangemoedig om sowat nege kilogram te verloor.
Kanye dink glo dat sy goeie vriendin Beyoncé ‘n beter figuur as Kim het, en hy het haar die afgelope ses maande aangemoedig om die Dreamgirls-ster se streng dieet te volg, het die tydskrif OK! Berig.
“Hy het selfs voorgestel dat Kim 9 kg verloor en gesê dat Beyoncé ‘n soortgelyke figuur het, maar bewys het dat 'n mens ‘n supermodellyf kan kry deur haar dieet van suurlemoensap, rooipeper en esdoringstroop te volg,” het ‘n bron na aan die paartjie gesê.
“Hy sê hy wil hê dat sy die gesig van sy klerereeks moet wees, maar om dit te kan doen moet sy in die klere pas. Dis 'n baie ongemaklike situasie; haar figuur het haar naam gemaak.”
“Hy het hierdie fantasie om hulle in die nuwe Beyoncé- en Jay-Z magspaartjie te verander, maar om vir Kim te laat honger ly is nie die manier om dit te doen nie.”
"Kanye het voorgestel dat Kim minder grimering dra en haar hare in ‘n meer konserwatiewe styl dra, soos Catherine,” het ‘n vriend van die paartjie ook gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- BangShowBiz