Kaartjies vlieg vir Suidoosterfees

2011-01-25 06:33
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – ’n Miernes van bedrywighede word van Dinsdag daagliks in die Kaapse middestad verwag wanneer Die Burger-Suidoosterfees in die Kunstekaap-tea­ter- sentrum begin.

Feesgangers kan tot Sondag byna 30 verhoogproduksies te siene kry waarin van Suid-Afrikaanse se voorste vermaaklikheidsterre optree.

’n Swierige openingsgeleentheid word vir vanaand in die Kunstekaap beplan. Eerstens sal die kunstentoonstelling Terpentyn, geopen word, waarna die fees se vlagskip-produksie, Sendeling, opgevoer sal word.

Sendeling is ’n verhoogverwerking van die bekroonde Afrikaanse skrywer Elsa Joubert se kortverhaal “Die sendeling se dood”. Drie bekende akteurs – Denise Newman, Zane Meas, Stian Bam (al drie bekend vir hul rol in die sepie 7de Laan) – en Lida Botha tree daarin op.

Dr. Niel le Roux, uitvoerende hoof van die fees, is optimisties oor die agtste Suidoosterfees.

“Ons streef daarna om verlede jaar se 82%-bywoningsyfer – gebaseer op kaartjieverkope – verby te steek na 85% vanjaar.

“Dit blyk tans met die goeie kaartjieverkope dat ons op pad daarheen is.”

Hy het gesê kaartjies vir die sterbelaaide optredes het gevlieg, maar daar is nog plek vir laatslapers. Dit sluit in Vaselinetjie, die opera Der Fliegende Holländer, As Ek Maar Geweet Het van Shaleen Surtie-Richards, en Mango Groove se konsert.

Dit is ook vanjaar die eerste keer dat die fees ’n gospelkonsert aanbied waar onder andere Rouchelle Liedemann en Juanita du Plessis optree.

Kaartjies is ook nog beskikbaar vir baie van die produksies wat in die Kunstekaap se Arena-teater aangebied word.

“Die Arena-teater is juis ons platform vir opkomende en jong kunstenaars en ek moedig die publiek aan om daardie kunstenaars te ondersteun, want dit is almal fantastiese produksies,” het Le Roux bygevoeg.

Hoogtepunte onder die Arena-produksies sluit in die toneelstukke Cockroach, I Am Here en Kap ’An, die dansstuk Scars en die konsert van klassieke musiek, SOF Klassiek.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.