Kaapstadse rolprentfees fokus op Tibet

2009-07-22 10:58
Tweets Share Share line Print

Rolprentfees oor Tibet nou in Kaapstad.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad- 'n Spesiale rolprentfees wat fokus op Tibet, Dreaming the Himalayas, word van Vrydag tot 2 Augustus in die Labia-teater in Oranjestraat, Kaapstad, aangebied.

In die prente, waarvan sommige nog nie voorheen in Kaapstad ­vertoon is nie, kom die kultuur, ­filosofie, godsdiens en towerkrag van die land en sy bewoners onder die loep.

Onder die agt prente – wat almal in die laaste dekade of wat verfilm is – is die Duitse dokumentêr The Saltmen of Tibet, wat die Tibettaanse “soutversamelaars” volg op hul maand lange reis oor die soutvlaktes om sout vir hul mense te versamel. Die mans is self aan die woord en op die agtergrond sien die kyker die ongenaakbare landskap en weerstoestande ­waarin hulle dié taak met bykans spirituele toewyding verrig.

Die Oostenrykse bergklimmer Heinrich Harrer, wie se buiten­gewone lewe die fokus was van ­Seven Years in Tibet (die fliek met Brad Pitt), is die fokus van die ­dokumentêr Seven Years in Tibet. Dit volg sy lewe vandat hy in 1944 tydens die oorlog uit ’n strafkamp vir krygsgevangenes ontsnap het en sy ontsnapping oor die Hima­lajas. Harrer se eie beeldmateriaal is vervat asook tonele waarin hy die jong Dalai Lama onderrig.

Die Tibettaanse Boeddhisme en die leerstellings van Dilgo Khyentse Rinpoche is die fokus van The Spirit of Tibet. Die verteller is ­Richard Gere en die musiek is deur die komponis Philip Glass.

Ander prente wat draai, is Lost World of Tibet van Dan Cruickshank wat fokus op die lewe in ­Tibet voor die Chinese besetting in 1950 en ou argiefmateriaal van daardie tyd vervat; Blessings: The Tsoknyi Mangchen Nuns of Tibet, wat handel oor jong nonne en hul spirituele toewyding, met Gere as verteller en ’n onderhoud met ­Tenzin Palmo; en Everest, ’n fokus op die berg se natuurskoon en die groot storm wat in 1996 agt lewens geëis het.

Kaartjies kos R25 met die ­gebruiklike Labia-kortings.

Bespreek by 021 424 5927. Besoek die webblad www.exploringconsciousness.org.za.

–Die Burger

 

Lees meer oor: kaapstad  |  films

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.