Kaapstad skud vere reg vir Idols
2010-04-05 14:49
Kaapstad - Voornemende Idols wat in Kaapstad woon het nog 'n paar uur om voor te berei voor oudisies vir die nuwe Idols-seisoen begin.
Oudisies vir die sesde Idols-seisoen skop Dinsdag in Kaapstad by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum af.
Mense tussen 16 en 30 sal kan inskryf met landwye oudisies wat vanjaar op Saterdae en openbare vakansiedae sal plaasvind en deelnemers mag weer musiekinstrumente gebruik.
Die Idols-span sal dan in Durban (17 April, Gateway), Johannesburg (24 April, Sandton-konferensiesentrum), Port Elizabeth (2 Mei, Boardwalk) en Bloemfontein (8 Mei, Windmill-vermaaksentrum) aandoen.
Dié seisoen word vanaf Julie 2010 op die betaalkanaal M-Net uitgesaai.
– Nuus24