Kaapstad gereed vir U2-konsert

2011-02-18 12:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - “Dit gaan beslis ’n konsert wees om te onthou.”

Attie van Wyk, uitvoerende hoof van Big Concerts, die maatskappy wat die U2-konserte in SA organiseer, het Donderdag tydens ’n mediatoer in die Kaapstad-stadion na die Ierse super-rockgroep U2 se verhoog gekyk en gesê alles sal gereed wees vir Vrydagaand se skouspel.

Daar word meer as 72 000 mense by dié konsert verwag. Sowat 92 000 konsertgangers het verlede Sondag die konsert in Johannesburg se FNB-stadion bygewoon.

Daar word egter verwag dat nóg duisende mense wat nié kaartjies het nie na die stad sal opruk om deel van die skouspel te wees.

Dié konsert van U2, wat deel is van hul 360°-wêreldtoer, is die grootste gebeurtenis wat nóg in die Moederstad aangebied is.

Altesaam 64 100 sokkerkykers het verlede jaar die Wêreldbeker-halfeindstryd tussen Nederland en Uruguay in die Kaapstad-sta­dion bygewoon.

Die kwessie oor 'n uitstaande dranklisensie is opgelos, polisiebeamptes is oorgehaal en sitplekke is gereed – dit is net die enorme verhoog wat nog voltooi moet word.

Jake Berry, U2 se produksiebestuurder, het gesê dit neem vyf dae om die verhoog op te rig en drie dae om dit af te breek.

“Dit is een van die grootste produksies wat tot dusver om die wêreld getoer het en sekerlik die grootste wat al Afrika besoek het.”

Die verhoog staan 43 m hoog en is 64 m breed en het sy eie naam: The Claw. Volgens Berry is tussen agt en nege ton staal gebruik om die struktuur, wat soos ’n klou met vier vingers lyk, te bou.

Ná die konsert word die struktuur afgebreek, in sowat 200 vraghouers verpak en per skip na Suid-Amerika geneem. Die groep se volgende optrede is op 25 Maart in Santiago, Chili. Hul wêreldtoer duur nog tot einde Julie.

John Langford, operasionele hoof van Big Concerts, het gesê sowat ’n duisend polisiebeamptes sal in en om die stadion patrolliediens verrig. Sowat 1 200 veiligheidsbeamptes sal binne die stadion diens doen.

Diegene wat gou ’n dors opbou, sal verheug wees oor die nuus dat altesaam 144 000 biere en 72 000 bottels ander drank reeds afgelewer is. Koeldranke sal ook beskikbaar wees.

Langford het gesê daar is gister sowat 100 bykomende kaartjies beskikbaar gestel en daar sal moontlik vandag nóg kaartjies beskikbaar wees.

Vir inligting oor parkeer- en vervoergeriewe, besoek Stad Kaapstad se webtuiste by www.capetown.gov.za.

- Gaan jy die konsert bywoon, of is jy reeds by die stadion? Stuur jou foto's na fotos@nuus24.com.

- Die Burger

Lees meer oor: bono  |  konserte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.