Kaal model vasgetrek
2009-08-27 09:51
New York - Die polisie het Woensdag ‘n vrou in hegtenis geneem nadat sy naak in die Metropolitaanse Kunsmuseum in New York vir ‘n foto poseer het.
Die 26-jarige model, Kathleen "K.C." is aangetref waar sy naak tussen die wapen en wapentuig-afdeling van die museum poseer het.
En dít nogals voor ‘n nuuskierige groep toeriste.
Sy staar ‘n klag van publieke wangedrag in die gesig.
Donald Schechter, haar prokureur, het gesê die museum is vol skilderye en beelde van naakmodelle en om dié optrede van die model en haar fotograaf as vuil te beskryf “is belaglik”.
Die fotograaf Zach Hyman het die fotosessie bestuur.
Hy het in die afgelope tyd baie aandag geniet met sy foto’s van naak vrouens op die spoorweë.
Hyman het gesê skilderye van kaal vrouens by die museum inspireer hom en hy beskou nie sy werk as pornografies van aard nie.
- AP