KKNK gons oor Zoid en lesbiese redaktrise

2010-04-07 06:29
Tweets Share Share line Print

Marelize Barnard, Die Burger

Oudtshoorn-Die knaende gerugte oor die rocksangeres Karen Zoid se beweerde lesbiese verhouding met die Kaapstadse tydskrifredakteur Carien Loubser is by die KKNK op die spits gedryf toe Loubser erken het sy is gay.

Zoid wou nie kommentaar lewer nie, maar nadat Loubser gister met haar gesels het oor ’n moontlike onderhoud met Die Burger, het sy verkies om haar privaatheid te beskerm en by monde van Loubser te praat.

Zoid en Loubser het besluit om geen uitlating te maak oor hul verhouding nie omdat hulle dit as ’n private kwessie beskou.

Albei was op die Absa-verhoog besig met voorbereidingswerk vir Zoid se optrede later gistermiddag toe hulle vir kommentaar genader is. Loubser is ’n vervaardiger, entrepreneur en redakteur van die tydskrif Bravo!

“Ek dink ons sal seker een of ­ander tyd die regte ding sê. Ons is al tien jaar lank in ’n vriendskapsverhouding. Ja, ek is gay.

“Ja, daar is al lankal genoem sy (Zoid) het in die verlede verhoudings met vroue gehad. Nee, dit het niks met die verbrokkeling van haar huwelik te doen nie.”

Dit is wel duidelik dat Loubser en Zoid ’n hegte band het. Loubser het bekend gemaak Zoid begin nou ’n rolprent saam met Franz Marx skiet en is deur ’n kontrak verbind.

As gevolg daarvan gaan sy nie nou in die openbaar kommentaar lewer nie.

“Wat sy met mense wil deel, is haar musiek.”

Oor Zoid se verbrokkelde huwelik met die kitaarspeler Don Reinecke het Loubser gesê dié egpaar is op goeie voet uitmekaar en daar is geen “hard feelings” nie.

- Die Burger

Lees meer oor: kknk  |  people

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.