Justin treur oor dood van 'Mev. Bieber'
2012-09-27 09:19
Boston – Die tienerpopsensasie Justin Bieber het Woensdag getreur oor die dood van 'n sesjarige kankerpasiënt wat diep in sy hart gekruip het nadat sy "met hom getrou het".
"Een van die grootste geeste wat ek ooit geken het is weg... RIP Avalanna. Ek is lief vir jou," het Bieber op sy Twitterblad geskryf nadat Avalanna Routh se familie op die sosiale netwerk bekendgemaak het dat sy gesterf het.
Routh, van Merrimac in Massachusetts, was nege maande oud toe 'n seldsame breinsiekte by haar gediagnoseer is wat slagoffers gewoonlik binne 'n jaar eis.
In Augustus 2011 het die hospitaal gemaak asof hulle 'n troue hou waar Routh, 'n groot Bieber-aanhanger, "Mev. Bieber" geword het.
Ses maande later, nadat 'n veldtog op Facebook begin is, het Bieber Routh na New York genooi om Valentynsdag saam met hom deur te bring.
Sy het daarna vertel hoe sy en haar "man" kolwyntjies geëet het en Candy Land, 'n bordspeletjie vir kinders, gespeel het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP