Justin Bieber sê hy kan nie slaap
2011-01-07 12:00
Los Angeles - Terwyl miljoene meisies snags oor Justin Bieber droom, sukkel dié bekende sanger om te slaap.
Bieber (16) het aan die tydskrif Vanity Fair vertel hy ly soms aan slaaploosheid.
Volgens hom hardloop sy gedagtes snags met hom weg terwyl hy aan alles dink waarvoor hy nie tyd kry om deur die dag aan te dink nie, “soos familie en God”.
Bieber het gesê hy het nie gewoonlik tyd om aan hierdie belangrike dinge te dink nie omdat hy deur sy daaglikse aktiwiteite vasgevang word.
Bieber se album, My World 2.0, het reeds multi-platinumstatus bereik en is vir ’n Grammy as beste pop-album benoem.
Volg Nuus24 op Twitter.