Justin Bieber kry Lamborghini by Diddy
2010-07-23 10:55
Los Angeles - Kort ná hy onder skoot gekom het omdat hy vir sy 16-jarige seun 'n Maybach van £245 000 (sowat R2,7 miljoen) aangeskaf het, het die sanger Sean Diddy Combs dit weer gedoen.
Dié keer het hy sy Lamborghini Gallardo van £130,000 (sowat R1,4 miljoen) vir die tiener Justin Bieber geskenk.
Die 16-jarige Justin het drie maande gelede sy bestuurstoets geslaag.
Diddy, 'n goeie vriend van Justin, het hom 'n Lamborghini beloof sodra hy 16 word.
Justin en Sean Kingston het sy nuwe wiele in Los Angeles gaan uittoets.
Bieber is ook goeie vriende met die R&B-kunstenaar Usher, wat vir hom 'n Range Rover vir sy 16de verjaardag op 1 Maart gekoop het.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter