Just Jinjer-hoofsanger vir dronkbestuur gevang

2010-08-15 10:23
Tweets Share Share line Print

Ard Matthews, hoofsanger van die rockgroep Just Jinjer, het vroeg Saterdagoggend agter tralies beland nadat hy vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.

Die rockster sê hy is “ongelooflik skaam en jammer” oor wat gebeur het en dat hy glad nie trots is op die voorval nie.

Kapt. Ezra October, polisiewoordvoerder, sê Matthews (35) was Saterdagoggend om 04:50 in Buitengrachtstraat in die Kaapse middestad in ’n “klein ongeluk” betrokke.

Dit is tans nog onbekend of Matthews alleen in sy bakkie was toe hy in ’n sypaadjie vasgery het. Hy is verloof aan die model Landi Swanepoel. Sy voertuig is deur ’n insleepdiens weggeneem.

Die sanger is deur polisie­beamptes na ’n sentrum in Vanguard Estate geneem waar die alkoholvlak in sy bloed getoets is.

Daarna is hy van dronkbestuur aangekla en tot 11:50 in die selle van die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor toegesluit.

Matthews is op borgtog van R500 vrygelaat en moet Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

Net nadat hy vrygelaat is, het hy op Facebook geskryf: “Stap nou net uit die selle nadat ek vir dronkbestuur afgetrek is – voordat die storie uit proporsie geruk word”.

“Ek het soos ’n idioot besluit om die kans te vat en ek is uitgevang. Ek het die grootste les geleer en dit sal nooit in my lewe weer gebeur nie.”

Matthews het ook gespot dat hy 'n saamrygeleentheid na die Barn­yard-teater in Willowbridge, Durbanville soek, waar die groep Sondagaand optree.

Hy het later by monde van Just Jinjer se Suid-Afrikaanse agent, Liny Kruger, laat weet hy wil niks meer sê nie en dat sy Facebook-status sy amptelike verklaring is.

Just Jinjer, bekend vir treffers soos What He Means en Shallow Waters, is weer terug in Suid-Afrika nadat die groep agt jaar lank in die VSA gewoon het. Hulle het al meer as ’n kwartmiljoen albums verkoop en het al verhoë gedeel met groot name soos U2, Def Leppard en Counting Crows.

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.