Just Jinger-toer skop volgende week af
2010-07-22 04:19
Kaapstad - Ná hulle sowat 10 jaar in die Verenigde State van Amerika en Londen gewoon het, het Just Jinger hul eerste nasionale toer aangekondig sedert hul terugkeer na Suid-Afrika.
Die toer is vanaf 25 Julie tot 30 Augustus en aanhangers kan optredes van dié groep by die Barnyard-teaters in Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad gesien word.
Just Jinger is binnekort weer in die ateljee om hul vollengte album, wat oor 'n paar maande die lig sien, op te neem.
Aanhangers wat optredes by die Barnyard-teaters gaan kyk, sal eerste die groep se nuwe liedjies hoor.
Kaartjies is R150 en kan by Barnyard-teaters gekoop of aanlyn bespreek word.
Toerdatums:
25 en 26 Julie: Barnyard, Menlyn
Tyd: 20h30
Besprekings: (012) 368 1555
1 en 2 Augustus: Barnyard, Broadacres
Tyd: 20h00
Besprekings: (011) 467 6983
8 en 9 Augustus: Barnyard, Gateway
Tyd: 20h00
Besprekings: (031) 566 3045
15 en 16 Augustus: Barnyard, Willowbridge
Tyd: 20h00
Besprekings: (021) 914 8898
22 en 23 Augustus: Barnyard, Cresta
Tyd: 20h00
Besprekings: (011) 280 4370
29 en 30 Augustus: Barnyard, Eastrand
Tyd: 20h00
Besprekings: (011) 823 6933
– Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter