Jurie in Jackson-verhoor nie verskuif
2011-08-28 07:12
Los Angeles – Die jurie in die opkomende verhoor van dr. Conrad Murray, Michael Jackson se dokter, sal nie verskuif word nie, het 'n regter beslis.
Regsverteenwoordigers van die verdediging wat die saak as "die mees gepubliseerde saak in die geskiedenis" bestempel, het versoek dat die jurie uit hul huise verskuif word.
Regter Michael Pastor het die versoek van die hand gewys omdat dit sowat $500 000 (R3,5 miljoen) sal kos. Pastor het gesê hy het baie geloof in die juriestelsel.
Die verhoor begin in September en sal vier tot ses weke duur.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters