Els wil hê Weideman moet R100 000 betaal

2011-09-20 07:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die sanger Jurie Els wil hê ’n boete van R100 000 en ’n opgeskorte vonnis moet aan Esmaré Weideman, voormalige redakteur van Huisgenoot, You, en Drum, opgelê word nadat bevind is dat sy die hof geminag het.

Daarby moet Media24 ’n boete van R500 000 betaal en saam met Weideman ’n apologie in Huisgenoot en You publiseer waarin hulle die hof om verskoning vra vir die minagting.

So het adv. Danie Dörfling SC, Els se regsverteenwoordiger, Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer in die saak waarin dié hof ’n gepaste vonnis aan Weideman moet oplê.

Weideman is verlede jaar in die appèlhof in Bloemfontein aan minagting van die hof skuldig bevind weens die publikasie in Februarie 2008 van ’n artikel oor Els.

In dié artikel het die sanger Robbie Klay volledig vertel van sy beweerde seksuele molestering deur Els. Els het op 13 Februarie 2008 ’n tydelike interdik teen die publikasie van die artikel gekry.

Die tydskrifte het toe wel ’n gesensureerde weergawe van die artikel gepubliseer.

Weideman het in haar beëdigde verklaring, wat Maandag by die hof ingedien is, gesê sy het deurentyd in oorleg met ervare regslui opgetree wie se oordeel en advies sy hoog aangeslaan en waarop sy gesteun het.

“Ek was werklik onder die indruk dat die tydskrifte nie die hof geminag het nie na aanleiding van die deurlopende gesprekke wat ek met ons regspan gehad het.

“Ek aanvaar die appèlhof se beslissing dat ek wel die hof geminag het, neem volle verantwoordelikheid daarvoor en bied my opregte en onvoorwaardelike verskoning vir die oortreding aan die appèlhof en hierdie hof.”

Adv. Schalk Burger SC, vir Weideman en Media24, het voorgestel dat Weideman ’n boete van R10 000 betaal en Media24 R50 000. Weideman sal ook al Els se regskoste vir dié aangeleentheid dek.

Dörfling het aangevoer dat die twee respondente nie net oor die vingers getik moet word nie.

“Weideman se optrede moet gesien word teen die feitelike agtergrond van die saak en die roekelose manier waarop die twee respondente die gevolge van ’n interdik-bevel probeer vermy het deur ’n strategie wat net as oneerlik beskryf kan word.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
107 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.