Joost-sondes in spookasem gedraai

2009-11-09 08:26
Tweets Share Share line Print

Marida Fitzpatrick

Johannesburg - Joost: Spieëlbeeld deur David Gemmell. Zebra Press (sagteband), R189,89.

Net meer as ’n week nadat Joost van der Westhuizen, oud-rugbyster, gebieg het, is die Afrikaanse weergawe van sy outobiografie op die rakke. Die eerste oplaag van die Engelse weergawe, wat verlede week verskyn het, het sommer op die eerste dag uitverkoop.

Moenie dít as enige aanduiding van die boek se gehalte beskou nie. Spieëlbeeld ís een lang, vervelige relaas met die doel om Joost se sondes in spookasem toe te draai.

Die skrywer, David Gemmell, skryf in die voorwoord: “Toe sê ek as hy iemand soek om onbesonne blapse wat hy in die verlede gemaak het in ’n sagte lig te stel of te probeer verontskuldig – ’n baie duidelike, onuitgesproke verwysing na ‘die video’ – dan is ek beslis nie die regte man vir die job nie.”

Dit is toe egter presies wat Gemmell gedoen het: Op ’n amper kruiperige manier laat hy ons deur ’n sagte lens na Joost kyk. En die ironie is hy bewys Joost geen guns deur dit te doen nie.

’n Meer reguit, ongenaakbare benadering sou hom veel beter laat lyk het.

Maar Gemmell hemel Joost en Amor tot vervelens toe op. Dit lyk of hy alle gunstige byvoeglike naamwoorde in ’n sinoniemwoordeboek gaan naslaan en dit voor hul name ingevoeg het.

Dis “die gesofistikeerde jongeling”, die “merkwaardig uitgeslape, skerpsinnige” Joost, die “beeldskone, verruklike, vurige, aantreklike, lieflike, bekoorlike” Amor.

Kritiek teen Joost word wel hier en daar gestrooi, maar dis karig. Daar word byvoorbeeld melding gemaak van sy “berugte verwaandheid en arrogansie”, maar dan word dit gou afgemaak as iets wat net tydelik was en dat hy nou weer sy normale “fantastiese” self is. Waar Steve Hofmeyr se (nou berugte) eufemisme vir sy ontrouheid “popster-afleiding” was, is Joost s’n “jongman- streke” (op bl. 162).

Teen die einde van die boek, op bl. 256, sê Joost: “Ek is jammer. Onvoorwaardelik. Sonder voorbehoud. Geen verskonings nie.” Dié erkenning word egter voorafgegaan deur ’n hele rits verskonings en verskuiwing van skuld – ’n hele massa “maars”.
Hoe verder die storie vertel word, hoe meer vyande maak Joost. Dis nou nie meer net die media op sy swartlysie nie, maar ook polisiemanne, prokureurs, regsfirmas, reklamebeamptes.

Daar’s heelwat vervelige hareklowery oor bedrae en regskoste and the settling of old scores waarin mense by die naam genoem word met die voor die hand liggende doel om hulle “terug te kry”.

Dit laat Joost bloot kleinlik, bitter en selfbejammerend lyk.

Die boek se styl is oor die algemeen stram en geforseerd en die skrywer is heeltemal te opsigtelik betrokke. Hele hoofstukke (met die titels van “Om Joost se boek te skryf I–XI”) word aan Gemmell en sy skryfproses gewy. Hoekom?

Die pogings tot humor is flou en plek-plek geheel en al smaakloos. Só word daar byvoorbeeld vertel hoe Amor op hul eerste “amptelike” afspraak verskriklik maagpyn gekry het in die motor op pad huis toe en hoe Joost afgetrek, Amor langs die pad gaan hurk en “die heelal uit Amor se agterwêreld” geval het.

Vir iemand wat kastig so gesteld is op sy privaatheid, deel Joost darem maklik sy vrou se privaatste verleentheid.

Die vertaling, deur die sanger Chris Chameleon, is onbeholpe en op plekke heeltemal verkeerd. Chameleon is ’n talentvolle kunstenaar, maar Zebra Press moes die boek eerder deur ’n professionele taalkundige laat vertaal het.

Spieëlbeeld gee die leser nie werklik insig in die wese van die oud-Springbok en sy gedagtegang nie. Joost se rugbyloopbaan tot en met 1998 is reeds breedvoerig in Edward Griffiths se biografie van Joost verduidelik (Joost: For Love and Money, vertaal onder die titel: Joost: vir liefde en geld). As dit nie vir die videoskandaal was nie, sou geen uitgewer nou, skaars tien jaar later, nóg ’n biografie oor Joost uitgegee het nie.

Die doel van hierdie boek is duidelik net om ’n vinnige geldjie te maak.

Van die sappige goed is daar maar min. Toe prop hulle die res vol grootwordjare en totaal irrelevante en vervelige belewenisse en perspektiewe van die skrywer (Gemmell) self.

As jy iets van Joost se rugbyloopbaan wil weet, lees Griffiths se biografie. As jy iets van die seksvideo wil lees, lees die afgelope week se koerante en tydskrifte, maar moenie R189,95 op Spieëlbeeld mors nie.

 Fitzpatrick is ’n skrywer en joernalis by Beeld .
 

- Beeld

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.