Joost: "Amor huil baie"

2009-11-02 06:55
Tweets Share Share line Print

Marida Fitzpatrick

Johannesburg - Joost van der Westhuizen (38) hou vol die omstrede seks­video-voorval was die eerste en enigste keer dat hy die sangeres Amor Vittone, sy vrou, verneuk het.

“Nee, nee, dit was die enigste keer. Jissie, dit was shocking,” het hy gesê.

Hy het gister onderhoude in Johannesburg toegestaan oor Joost: Spieëlbeeld, sy biografie, waarin hy bieg dit is wel hy in die video waarin ’n ontklee­danseres in 2006 orale seks met hom het en hy ’n dwelmmiddel, vermoedelik Cat, snuif.

Hy het aanvanklik, toe die bom in Februarie gebars het, ten sterkste ontken dis hy.

Op die vraag hoekom hy kondome by hom gehad het (as dit die eerste keer was), het hy gister geantwoord: “Seker omdat ’n ou nie geweet het hoe ver dit sal gaan nie.

“Ek gaan nie oor die detail praat nie. Ek kry skaam daaroor.”

Van der Westhuizen ontken ten sterkste die gerugte dat hy ook ’n verhouding met die voormalige hoogspringatleet Charmaine Weavers (Gale) gehad het.

Van der Westhuizen kon nie gister sê wanneer of hoe hy me. Marilize van Emmenis (nou 24), die vrou in die video, ontmoet het nie, buiten dat hulle “in ’n stadium in dieselfde social kringe beweeg het”.

Die keer in die video was egter die eerste en enigste keer dat daar “seksuele kontak” was, het hy volgehou.

Dit bly dus ’n raaisel hoekom Van Emmenis so seker was dat dit sou gebeur dat sy vooraf ’n videokamera in haar handsak versteek het.

“Hier is ek nou,” het Joost gister gesê.

“Ek het baie foute gemaak in my lewe. Ek het gelieg, ek was verkeerd. Ek was nie ’n goeie mens nie, dit staan in my boek.”
Dinge tussen hom en Amor is “definitief nie 100% nie”.

Hoewel daar nie nou sprake is van skei nie, besef hy dis ’n moontlikheid.

“As Amor my nie kan vergewe nie en besluit om te gaan, dan kan ek haar verloor.”

Maar sy ondersteun hom met die boek, hoewel dit nie vir haar “lekker” was om te lees nie.

“Sy weet dis die regte ding om te doen.”

Toe die videobom bars, het Amor Joost gevra of dit hy in die video is. “Ek het gesê nee. Ek glo nie ek het haar oortuig nie.”

Einde Augustus het hy aan haar gebieg terwyl sy kos gemaak het. “Sy was baie stil. Ek kon die seer sien. Ek kon dit in haar oë sien. Sy’t in ’n stadium baie gehuil. Ek het (ook) baie gehuil. Baie, baie, baie.”

Hy het ontken hy bieg juis nou sodat die boek beter moet verkoop. “Ek dink daar’s baie makliker maniere om geld te maak as om jouself te verneder in die publiek.”

Hoewel hy toegee dat die debakel hom geldelik geknou het, hou hy vol: “Ons lewe nog dieselfde. Daar’s absoluut niks fout met my geldsake nie.”

Nou wil hy net probeer om sy selfrespek terug te kry.
 
“Dit sal met tyd kom. Ek sal myself eers moet vergewe.”

–Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.