Jolie verban om fliek in Bosnië te skiet
2010-10-16 04:13
Kaapstad – Angelina Jolie is verbied om haar nuwe fliek in Bosnië te verfilm aangesien die land se Womens War Group glo dat die fliek die land se geskiedenis verkeerd sal uitbeeld.
Die Oscar-bekroonde aktrise, wat vir die eerste keer in die regisseurstoel sit, het in die moeilikheid gekom oor gerugte dat die fliek handel oor ‘n Serwiese verkragter en sy Moslem-slagoffer.
Die fliek vertel die storie van ‘n paartjie wat mekaar ontmoed net wanneer die Bosniese oorlog in 1992 begin.
Die Womens Victims of War groep is woedend oor die projek en beweer dat dit “geskiedenis verkeerd sal oordra,”
Lees meer by Channel24
Volg Nuus24 op Twitter