Jolie glo in sewende hemel
2012-01-20 09:10
Los Angeles – Die Hollywood-aktrise Angelina Jolie is glo swanger met haar sewende kind saam met haar lewensmaat Brad Pitt.
Die ponietydskrif OK! beweer Jolie het dié nuus met haar vriende gedeel met sommige bronne wat beweer dat sy reeds drie maande swanger is.
Dié nuus kom nadat daar berig is dat Pitt se eksvrou, Jennifer Aniston, swanger is met haar eerste kind saam met haar kêrel Justin Theroux. Volgens dié gerugte is Aniston glo reeds ses maande swanger.
Jolie en Pitt het die afgelope paar weke gesê hulle wil nog 'n kind hê.
"Dit is nog nie iets wat sy amptelik wil aankondig nie, maar sy is al op 'n punt waar sy net aan 'n sekere groep mense vertel het," het die bron aan OK! gesê.
Volgens die bron het Jolie reeds met nuwe versierings begin om plek te maak vir die nuwe baba se koms.
Jolie het onlangs die Golden Globes-toekennings bygewoon, maar daar was geen teken van 'n bababoep nie.
Sy en Pitt is die biologiese ouers van Shiloh en die tweeling, Knox en Vivienne. Hulle het ook drie aangenome kinders, Maddox, Pax en Zahara.
– Iol.
– Volg Nuus24 op Twitter.