Jolie besoek vlugtelinge in Tunisië
2011-04-05 21:56
Tunis – Angelina Jolie het vlugtelinge uit
Libië op die grens van Tunisië besoek.
Sy het as ‘n ambassadeur vir die Verenigde
Nasies se Humanitêre Kommissie vir Vlugtelinge (UNHCR) opgetree.
Die UNHCR het in ‘n verklaring gesê dat Jolie ‘n
beroep op die internasionale gemeenskap gedoen het om die vlugtelinge by
te staan.
Sy en haar man, Brad Pitt, het ook blykbaar ‘n
“belangrike donasie” tot die vlugtelingkamp gemaak.
Jolie het tydens haar besoek die Tunisiese
regering geprys vir wat hulle vir dié mense doen.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA