Jolie, Parker rol in die geld
2011-07-06 15:32
Los Angeles – Die publikasie Forbes het pas sy lys van die wêreld se hoogs besoldigde aktrises bekendgestel, het celebuzz berig.
Die lys is gegrond op hoeveel dié vroue tussen Mei 2010 en Mei 2011 verdien het.
Dié jaar deel Angelina Jolie en Sarah Jessica Parker die top-posisie, terwyl Jennifer Aniston en Reese Witherspoon die tweede plek beklee.
Kristen Stewart en Julia Roberts deel die derde plek.
Stewart is ook die jongste op die lys.
Die res van die top-tien bestaan uit Katherine Heigl, Cameron Diaz, Sandra Bullock, en Meryl Streep.
– Volg Nuus24 op Twitter.