Johnny dink Angie is 'n goeie ma
2011-03-03 18:00
Tokio – Sedert Johnny Depp saam met Angelina Jolie op ‘n filmstel gewerk het sien hy haar in ‘n ander lig en dink hy sy is ‘n uitstekende ma.
Depp sê hy weet nie aldag hoe sy en Brad Pitt
ouerskap te midde van hulle roem hanteer nie.
Hy sê Jolie is ‘n verbasende goeie ma en bly
kalm ten spyte van hul roem en die druk wat die paparazzi op hulle plaas.
Depp sê hy sou al “in die tronk” gewees het as hy soveel kinders moes hanteer.
Angelina Jolie en Brad Pitt het ses kinders.
Johnny Depp en Vanessa Paradis het twee.
Johnny Depp het in Tokio met die media gesels
tydens ‘n promosieveldtog vir The Tourist.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA