Johnny Depp, lewensmaat se paadjies skei
2012-01-20 14:35
Los Angeles – Die akteur Johnny Depp en sy lewensmaat, die Franse aktrise Vanessa Paradis, se verhouding is iets van die verlede, het People magazine berig.
Die akteur was sonder Paradis by Sondag se Golden Globes en volgens berigte is dié twee meer as 'n jaar laas saam op die rooitapyt gesien.
Volgens die Daily Mail was Paradis ook nie by die Cannes-filmfees waar Depp se vierde Pirates of the Caribbean film in Mei verlede jaar gewys is nie.
Sy was ook nie by die eerste vertoning van sy film The Rum Diary in Frankryk nie, en het liewers 'n konsert bygewoon.
Die paartjie is reeds 14 jaar saam en het twee kinders, Lily-Rose (12) en Jack (8), maar het nooit getrou nie.
– iafrica.
– Volg Nuus24 op Twitter.