Johnny Depp is die sexyste man
2009-11-18 16:50
New York – Johnny Depp het weereens die titel as die “sexyste man op aarde” verower.
Depp het Hugh Jackman Woensdag ontneem van die veelbegeerde People tydskrif titel. Dit is die tweede keer dat die 46-jarige akteur as die sexyste man gekies word. Sy eerste keer was in 2003.
Kate Coyne, die senior redakteur by People, het op CBS “Early Show” gesê dat Depp amper ‘n “ikoniese status in terme van sensualiteit” bereik het.
“Johnny Depp was iemand wat 10 jaar gelede sexy was,” het Coyne gesê.
“Hy sal 10 jaar van nou sexy wees. Hy is iemand wat aantreklik is vir verskeie generasies vroue.”
Behalwe vir Depp het Brad Pitt. George Clooney en Richard Gere ook al twee keer die titel verower.
Matt Bomer, wat in die VSA se “White Collar” speel, is benoem as die “sexyste opkomende ster”.
- Sapa-AP