Johnny Depp en Angelina het onmiddellik ‘gekliek’
2010-11-15 14:45
Kaapstad – Die akteur Johnny Depp het onthul dat hy en die aktrise Angelina Jolie mekaar onmiddellik op die stel van hul nuwe rolprent aangevul het.
Dit is seker die laaste ding wat Vanessa Paradis wou hoor nadat sy by Depp, die pa van haar kinders, gepleit het om nie ‘n sexy storttoneel saam met Jolie te verfilm nie.
Jolie en Depp speel saam in die rolprent, The Tourist, en hy het die afgelope week onthul hoe maklik hulle twee mekaar op stel aangevul het.
Volgens Daily Mail het die twee sterre nog nooit vantevore ontmoet nie. Maar toe Jolie en Depp oor hul kinders begin praat, het hulle gou agtergekom hulle het baie in gemeen.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.