Johnny Depp besit nie 'n foon nie
2010-12-08 15:10
Kaapstad – Probeer jy vir Johnny Depp bel? Jy gaan lank sukkel. Hy besit nie ‘n foon nie, berig Huffington Post.
Depp het met Access Hollywood gesels tydens die premier van sy nuutste fliek, The Tourist, en erken dat hy niks van telefone hou nie.
“Ek hou net nie van telefone nie,” het hy gesê, “....om die hele tyd beskikbaar te wees.”
So hoe kry sy agent hom in die hande as hy ‘n groot rol weggeslaan het?
“Ons het die internet, want ek dink dis die veiligste, wel, mees interessante vorm van kommunikasie,” het dié eksentrieke akteur onthul.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.