Joan Rivers 'al 739 keer onder die mes'
2012-02-06 09:00
Los Angeles – Die Amerikaanse komediant Joan Rivers beweer sy was al 739 keer onder die mes.
Die 78-jarige TV-persoonlikheid het onthul dat sy al meer as 700 keer onder die mes was, en geskerts dat sy so gereeld behandeling ontvang dat sy een gratis prosedure kry vir elke 10 wat sy laat doen.
"Elke naweek gaan ek in en ek doen iets anders. Die tiende een is gratis," het sy op die TV-program Anderson gesê.
Nóg iets op Joan se wenslys is dat sy 'n tatoe wil kry. Sy het selfs op haar 78ste verjaardag 'n tatoeëerwinkel besoek, maar het daarteen besluit.
– Bang Showbiz