Jo-Ann op Europa se grootste TV-program
2010-05-28 13:00
Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Top Billing-aanbieder, Jo-Ann Strauss, is die gesig van die SA FIFA Wêreldbeker in Duitsland. En die Duitse TV-kanaal ZDF het haar genooi om verlede week 'n gas op Wetten, dass...?, Europa se grootste Saterdagaand-TV-program, te wees.
Sy was op die Summer Edition van Wetten, dass...? in Palma de Mallorca in Spanje, wat na bykans 18 miljoen mense (9 miljoen vir die eerste uitsending, nóg 9 miljoen vir die heruitsending) uitgesaai is ... in Duits!
As ambassadeur vir Suid-Afrika het sy saam met bekendes soos Lionel en Nicole Richie, die Duitse sokkerspeler Michael Ballack en Duitse swemmer Franziska van Almsick op die program verskyn.
Lees hier meer.