Jesse vir 30 tot 60 dae in rehabilitasie
2010-04-09 16:12
Kaapstad – Jesse James, die skandelike man van die Oscar-bekroonde aktrise Sandra Bullock, gaan die hele April-maand in ‘n rehabilitasie sentrum deurbring, het sy woordvoerder bevestig.
Die pa van drie, het homself verlede maand by ‘n kliniek in Arizona ingeboek, ná bewerings van buite-egtelike verhoudings.
Alhoewel die besonderhede van James behandeling steeds ‘n geheim is, het sy woordvoerder gesê dat hy nie vir die volgende 30 tot 60 dae beskikbaar sal wees nie.
- Vir die volledige storie besoek hellomagazine