Jermaine Jackson skryf memoir
2011-03-17 12:08
Los Angeles – Jermaine Jackson gaan ‘n memoir oor sy broer, Michael Jackson, se lewe skryf en dit sal teen Herfs beskikbaar wees, het sy uitgewers bekendgemaak.
You Are Not Alone: Michael, Through a Brother's Eyes, gaan die waarheid bekendmaak, het Jackson in ‘n verklaring gesê.
Volgens hom wil die familie nie hê dat die verhoor van dr. Conrad Murray die manier moet wees hoe mense sy broer sal onthou nie.
Jermaine Jackson, een van die lede van die groep The Jackson 5, sê hy wil nie hê dat sy broer se lewe of sterfte ‘n raaisel moet wees nie.
“Die boek sal dinge sê wat Michael nooit ‘n kans voor gekry het om te sê nie.”
Michael se susters Janet en La Toya Jackson, het ook boeke wat vanjaar bekendgestel gaan word.
Dr. Murray, wie se verhoor in Mei gaan begin, het onskuldig gepleit op ‘n aanklagte van onopsetlike manslag.
- Vir meer inligting besoek BBC.
- Volg Nuus24 op Twitter.