Jennifer Hudson 'n seun ryker
2009-08-12 11:01
Hollywood - Jennifer Hudson het ‘n seuntjie in die wêreld gebring.
Dit is die sangeres en aktrise en haar verloofde David Otunga se eersteling.
Die paartjie het hulle baba David Daniel Otunga jnr. gedoop.
"Jennifer en David is verheug oor die kind. Hulle het nie geweet of dit ‘n seun of ‘n dogter gaan wees nie en het daarom pienk én blou kleure gekoop,” het 'n bron gesê.
David se geboorte volg nege maaande na die tragiese moord op Hudson se ma, broer en neef.
Die Oscar-wenner se vriende hoop die baba sal haar help om die hartseer te oorkom.
Haar 'Dreamgirls' mede-ster, Anika Noni Rose, het gesê "Ek hoop die baba bring haar elke dag vreugde en sal haar help om weer haar ou self te wees sodat sy kan voortgaan met haar lewe.”
Anika het bygevoeg dat Hudson ‘n wonderlike ma gaan wees. "Sy is baie lief vir baba’s en dit gaan ‘n wonderlike ervaring vir haar wees noudat sy self ‘n ma is.”
- BANGshowbiz.com