Jazzdigter sterf in New York
2011-05-28 22:15
Washington – Die radikale jazzdigter Gil Scott-Heron wat in die vroeë jare sewentig “The Revolution Will not Be Televised” geskryf het, is in die ouderdom van 62 dood.
Scott-Heron, wat gehelp het met die ontwikkeling van rap-musiek, is Vrydag in 'n hospitaal in New York dood, het sy uitgewer aan National Public Radio gesê.
Hy het ná 'n onlangse besoek aan Europa siek geword.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters