Jay-Z se nagklub tydelik gesluit
2012-01-23 15:00
New York – Die departement van gesondheid in New York het beveel dat die kletsrymer Jay-Z se nagklub 40/40 in dié stad tydelik gesluit moet word nadat hulle bevind het dat dit 'n hele paar gesondheidsregulasies oortree het.
Ron Berkowitz, woordvoerder van die klub, het aan TMZ gesê dat die gesondheidsinspekteur die klub op 'n slegte tyd besoek het, net toe die yskas gebreek het. Dit het daartoe gelei dat die yskas warm word.
Volgens hom het die personeellede onmiddellik vasgestel wat die probleem is en hulle was glad nie van plan om kos van daardie yskas te bedien nie.
Die yskas was teen die volgende middag herstel en die nagklub kon weer heropen word, berig TMZ.
Die klub het geen besigheid verloor nie, het Berkowitz gesê.
– Iol.
– Volg Nuus24 op Twitter.