Jay-Z het sy eie broer geskiet
2010-11-23 18:30
Los Angeles – Die rapper Jay-Z het bekendgemaak dat hy op 12-jarige ouderdom sy broer, Eric, geskiet het omdat hy sy ring gesteel het.
Jay-Z, wie se regte naam Shawn Carter is, sê hy het uit weerwraak besluit om ‘n vuurwapen te kry.
Hy het in ‘n onderhoud aan The Guardian Weekend-tydskrif gesê dat hy na iemand se huis gegaan het om die vuurwapen te kry.
Maar nadat hy sy broer geskiet het, was hy skrikkerig oor wat volgende met hom kan gebeur.
“Ek het gedink my lewe is verby en dat ek vir altyd tronk toe sal moet gaan.”
Jay-Z se broer het egter besluit om nie ‘n saak teen hom te maak nie. Hy het aan Jay-Z om verskoning gevra omdat hy gesteel en ‘n kokaïen-verslaafde is.
- Vir die volledige storie besoek Channel24.
- Volg Nuus24 op Twitter.