Janez Vermeiren, model verbreek verlowing
2012-12-12 11:55
Kaapstad – Die Top Billing-aanbieder Janez Vermeiren en sy Brasiliaanse model-verloofde, Juliana Vasconcelos, se paadjies het geskei.
Die paartjie, wat vir byna 'n jaar lank verloof was, sou volgende jaar trou, berig Huisgenoot.com.
"Ons het ons verlowing twee maande gelede verbreek," het Juliana bevestig.
Janez het op Kersdag verlede jaar die jawoord gevra terwyl hulle op Tafelberg gestap het.
"Die tyd was net nie reg nie. Ons het albei ingestem om die verlowing te verbreek, omdat ons baie vir werk moet reis.
"Ons is steeds baie lief vir mekaar en is steeds vriende, maar ek dink nie ons sal weer saam wees nie."
Janez het 'n agtjarige seun, Matisse, uit 'n vorige verhouding.
Hy is tans in Londen vir werk en wou nie kommentaar lewer nie. Hy het alle vrae na Juliana verwys.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter