Janet Jackson werk aan rolprent
2010-06-07 08:44
Kaapstad – Die sangeres Janet Jackson is besig om aan haar volgende rolprent saam met die regisseur en akteur, Tyler Perry te werk.
Jackson, wat laas in Why Did I Get Married Too gesien was, is besig om aan nog 'n Perry-skepping te werk, For Colored Girls Who Have Considered Suicide When the Rainbow Is Enuf.
Die rolprent sal vroeg in 2011 vrygestel word en bekendes soos Whoopi Goldberg, Phylicia Rashad, Anika Noni Rose en Jill Scott sal ook te sien wees.
Mariah Carey was glo ook deel van die rolprent, maar het haarself onttrek omdat sy glo haar eerste baba verwag.
- Vir die volledige storie besoek The Celebrity Café.
- Volg Nuus24 op Twitter.