Jan Blohm vier sewe goeie jare met nuwe DVD

2011-09-05 08:10
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Dit is Jan Blohm se sewende jaar in die vermaakbedryf – en watter beter manier om dit te vier as 'n splinternuwe DVD?

Nuus24 het saam met Jan gekuier terwyl hy vir die bekendstelling van die DVD by die Ons Huisie-restaurant in Bloubergstrand was.

Dit word sommer gou duidelik dat daar veel meer skuil agter die DVD se titel – Lotus – as wat 'n mens aanvanklik dink.

“Ek het so half die karakter van Jan Blohm by Breyten Breytenbach gekry. Die enigste boek wat hy onder die naam Jan Blom geskryf het, was Lotus.”

Jan verduidelik ook dat die Lotus-blom vir hom spesifieke betekenis inhou.

“Die lotus kan in vuil water groei sonder dat daar enige son naby aan dit skyn en dan word dit een van die mooiste blomme wat jy ooit sal sien.”

Hy reken dis 'n goeie metafoor vir die lewe.

“Dit maak nie saak hoe sleg en moeilik 'n mens se lewensomstandighede is nie, 'n mens het steeds die vermoë om uit te styg en een van die mooiste blomme te wees,” verduidelik hy op sy webwerf.



Die vertoning is in Junie 2011 in Midrand by die Liedjieboer opgeneem, vertel Jan, en sluit treffers soos Melkstraat Confessions, 7 Jaar en Stille Runaway in. Hy het ook die gehoor vermaak met twee nuwe liedjies genaamd Ruby en Ons huisie, en daar is ‘n indiepte onderhoud met Jan waarin hy meer oor homself en sy loopbaan deel.

Lotus is egter nie al waarmee hy hom die laaste ruk besig hou nie. Aan die begin van die jaar het Jan, saam met drie ander vennote, ‘n platemaatskappy, Blomhuis Records, begin.

“Die groot maatskappye in Suid-Afrika cater nie heeltemal vir independent artists wat so half hulle eie ding wil doen nie. So dit is vir my vreeslik lekker om ‘n platform te probeer skep vir ouens wat moerse talent het.

“Dis lekker om kunstenaars te help en dis iets anders as om self musiek te maak. In die stadium het ons nog net vir Bacchus Nel en Eckard Potgieter, so dis nog nie groot nie. Ons vat dit half rustig. Maar dit gee mense blootstelling en in die stadium is dit al wat tel,” vertel hy trots.



Hy werk ook aan nog ‘n CD so tussen die getoer saam met Bacchus en die werkery by die platemaatskappy. Jan hoop egter om teen April volgende jaar sy nuwe CD vry te stel.

Wanneer ons hom vra waaroor hy sing, lag hy beleefd en antwoord sag:

“Oor die mooi goedjies in die lewe. Ek probeer maar... Ek dink nie ek skryf oor iets spesifieks nie. Meestal gaan dit maar oor hoe ek die lewe experience.”

Hy lyk tevrede met die lewe terwyl hy aan sy Coke teug en lag saam met vriende wat saam om die tafel sit. Hy wil niks verander nie.

“‘n Mens is mos maar die som van jou geskiedenis. Ek hou van dit soos dit is.”



– Besoek Jan Blohm se webwerf.

– Volg Jan Blohm op Twitter.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lees meer oor: jan blohm  |  bloubergstrand  |  musiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.