Jan Blohm-vertoning eindig op suur noot

2011-12-12 13:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – 'n Jan Blohm-konsert wat Sondag by Dorpstraat-teater in Stellenbosch gehou is, het vir 'n aanhanger van Muizenberg op 'n "onsmaaklike" noot geëindig.

Anton Pretorius en sy meisie was "baie opgewonde" om Sondag na Blohm se vertoning te gaan kyk toe die eienaar van die teater die optrede ná die vierde liedjie beëindig.

Sowat 30 mense het die vertoning bygewoon en kaartjies is teen R70 elk verkoop.

"Hy (Blohm) speel min in die Kaap, so ons het uitgesien na die vertoning," het Pretorius aan Nuus24 gesê.

"Toe hy op die verhoog kom kon jy sien dat hy bietjie geswaai was. Dit was duidelik dat hy nog gekuier was van die vorige aand."

Volgens Pretorius het Blohm se eerste liedjie wat hy gesing het swak geklink en het hy die kitaardrukke op sommige plekke verkeerd gekry.

"Die tweede en derde liedjie was beter en hy het lekker begin opwarm en begin regkom."

Michelle Nolte, eienaar van Dorpstraat, het volgens Pretorius tydens die vierde liedjie Blohm se vertoning onderbreek en gesê dat sy die vertoning gaan beëindig.

Volgens Pretorius het Nolte gesê: “Dames en here, ek gaan ongelukkig die vertoning beëindig, en (kan) nie toelaat dat Jan homself en my besigheid verder verneder nie. Ons sal nie die R70 vertoning geld vra nie, en julle is welkom om nog te bly en die middag te geniet, maar ek gaan nie toelaat dat Jan verder optree nie”.

"Jan was op die stage en dit was baie awkward. Hy het nie lekker geweet wat aangaan nie. Jan was uiters geskok en dit was duidelik op sy gesig. Ek glo Nolte kon die situasie beter hanteer."

Pretorius het gesê twee "ouerige" mense het uitgestap, maar niemand anders het gekla nie.

"Sy (Nolte) het net gedink aan die mense wat uitstap en nie die mense wat hom waardeer nie," het Pretorius gesê.

"Dit was 'n groot verleentheid vir Jan Blohm en vir die skare wat graag vir Jan wou sien optree.

Nolte het aan Nuus24 bevestig dat sy die vertoning beëindig het, maar wou nie verder kommentaar lewer nie.

"Ons het respek vir die kunstenaar en ons wil nie die situasie verder vat as wat dit gister (Sondag) gegaan het nie."

Zinta Kymdell, Blohm se vrou, wou ook nie verder kommentaar lewer nie.

"Ons is cool met die venue en het dinge uitsorteer. Ons wil nie verdere stories hê nie," het sy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lees meer oor: jan blohm  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
60 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.