Jan Blohm gaan pa word
2011-12-12 20:01
Kaapstad – Die rasperstem-sanger Jan Blohm se vrou, Zinta Kymdell, is agt weke swanger, het 'n vriendin van die egpaar, Lydia Winchester, aan Sarie.com bevestig.
Kymdell het in die Januarie-uitgawe van Sarie, haar eerste onderhoud met die pers, verklap dat sy en Blohm (George Kymdell) graag ouers wil word.
Dít ondanks 'n baie stormagtige eerste huweliksjaar.
Dit is nou al jare dat Blohm omstrede is oor sy alkohol- en dwelmmisbruik, en oor voorvalle waar hy dronk op die verhoog is, in die openbaar, of in 'n muur vasry.
Nuus24 het Maandag berig dat Blohm Sondag by die Dorpstraat-teater in Stellenbosch opgetree het, maar dat hy duidelik onder die invloed van alkohol was en kitaardrukke op sommige plekke verkeerd gekry het.
– Volg Nuus24 op Twitter.