Jamie Oliver gaande oor Suid-Afrikaanse kos
2012-10-21 14:44
Johannesburg – Die Britse TV-sjef Jamie Oliver is gaande oor Suid-Afrikaanse kos, het die Sunday Times berig.
Oliver, wat Soweto in 2005 besoek het, praat steeds oor die maaltyd wat hy tydens sy besoek aan 'n skool gekry het, en het dit beskryf as "beste wat hy nog ooit gehad het".
Hy het gesê die skaapvleisbredie met kool, wortels en nagereg, wat deur drie vroue in Soweto voorberei is, is die mees voedsame skoolmaaltyd wat hy nog ooit gehad het.
Oliver het afgevaardiges op 'n wêreldwye jeugberaad, One Young World, in Pittsburg in die Verenigde Nasies toegespreek.
Hy het verder gesê die beste kos in die wêreld kom altyd uit die armste gemeenskappe.
Altesaam 44 jeugdiges het Suid-Afrika by die beraad verteenwoordig.
Die volgende One Young World-beraad word volgende jaar in Sandton, Johannesburg, gehou.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA