James Franco gee klas by NYU
2011-03-30 23:00
New York – James Franco het ingestem om by
die New York-universiteit klas te gee, het die New York Post Woensdag berig.
Dié Amerikaanse akteur en ster van die film 127 Hours, wat tans sy meestersgraad aan die Yale-universiteit voltooi, sal vir derdejaarstudente klasgee.
Blykbaar sal Franco hulle leer om digkuns in
kortfilms te omskep.
“Hy weet iets van redigering en hy kan dit met
ons studente deel,” het John Tintori, voorsitter van die universiteit se film-program,
gesê.
Slegs 12 studente sal die kursus onder Franco se leiding kan voltooi.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.