Jackson was verslaaf aan Demorol
2011-10-28 22:02
Los Angeles – Volgens Michael Jackson se mediese rekords was
hy in die maande wat sy dood voorafgegaan het, verslaaf aan die pynstiller,
Demarol, berig SkyNews.
‘n Deskundige het getuig dat Michael Jackson “’n
bo-gemiddelde hoeveelheid” van die pynstiller Demorol ontvang het.
Die superster se voormalige dokter het erken
dat hy gereeld die kragtige slaapmiddel propofol vir Jackson toegedien het,
maar neem glad nie verantwoordelikheid vir die oordosis wat tot sy dood gelei het nie.
Volgens sy regspan, was Murray onbewus van die
feit dat Jackson Demorol van ‘n dermatoloog in Beverly Hills ontvang het.
Een van die newe-effekte van dié pynstiller is
slapeloosheid.
Volgens mediese rekords het Michael Jackson in
Mei 2009 900 mg Demorol oor ‘n tydperk van drie by Dr. Arnold Klein in
Beverly Hills ontvang.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.