Jackson uitstalling binnekort in Londen
2009-10-26 21:42
Londen – Die amptelike uitstalling van Michael Jackson gedenkwaardighede begin hierdie week in Londen.
Robert Santelli, kurator, sê die uitstalling is ‘n dokumentasie van sy musikale erfenis.
Die tentoonstelling wys vir Michael Jackson in al sy verskillende gestaltes.
Daarmee saam word sy rol as stilis, danser en liedjie-skrywer ook uitgebeeld.
Jackson se blou Rolls Royce, ‘n versameling van sy befaamde handskoene, ‘n paar baadjies wat met blinkertjies versier is en ‘n kontrak uit die dae toe hy saam met die “Jackson 5” gesing het.
Een van die hoogtepunte in die uitstalling is die patent en ontwerp van die dansskoene wat hy vir sy unieke danspassie in “Smooth Criminal” uitgedink het.
Die interessantste deel van die uitstalling is ongetwyfeld die “Neverland Room”, ‘n heiligdom kompleet met fantasie-beelde waar Michael ‘n ridder gemaak word.
In dié kamer is ook beelde van Michael in koninklike drag sowel as ‘n troon van pers fluweel en met goud versier.
Die opening van die uitstalling val saam met die vrystelling van “This is It”, ‘n fliek wat ‘n samestelling van Jackson se laaste dae in repetisie vir sy toer.
Na Londen, sal die uitstalling na ander stede toer.
- Sapa