Jackson se stem nòg nie stil
2009-09-24 04:03
New York – Aanhangers van die oorlede superster Michael Jackson sal bederf word met nuwe lied wat op 12 Oktober vanjaar bekendgestel sal word.
Dié lied getiteld, This Is It, sal volgens Sony Music Entertainment ook die stemme van die Jackson Brothers insluit, maar die maatskappy wou geen vedere inligting bekendmaak nie.
Twee weke ná die bekenstelling van die lied sal ‘n nuwe album ook op die winkelrakke beskikbaar wees.
Dié album gaan gepaard met ‘n rolprent wat tonele van Jackson se voorbereiding vir konserte in Londen, wys. Jackson is oorlede voor dié optredes kon realiseer.
Die album sluit van Jackson se grootste treffers, asook nuwe weergawes van sy liedere, in.
Indien 'n nuwe lied, album en rolprent steeds nie genoeg is vir kranige aanhangers nie, is daar ook 'n voorlesing van ‘n gedig genaamd Planet Earth, wat op die album sal verskyn.
- Sapa