Jackson se sjef getuig Murray was 'paniekbevange'

2011-09-30 16:10
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Michael Jackson se gewese persoonlike sjef, Kia Chase, het getuig dr. Conrad Murray het voor die sanger se dood paniekbevange voorgekom, berig The Telegraph.

Chase, die sewende getuie in die saak, was die dag van Jackson se dood by sy herehuis in Kalifornië.

Sy het getuig dr. Murray het paniekbevange die trappe afgehardloop en haar beveel om die sekuriteit sowel as Jackson se oudste seun Prince te ontbied.

Volgens Chase was dít tien minute voor enigiemand die 911-nooddienste geskakel het.

"Ek was in die kombuis besig om middagete voor te berei vir Jackson en sy kinders. Tussen 12:05 en 12:10 het Murray by die trappe af gehardloop en om hulp geroep.

"Hy het baie senuweeagtig voorgekom en het geskree om hulp te kry. Ek het alles gelos waarmee ek besig was en gehardloop om Prince te kry," het Chase aan 'n volgepakte hof in Los Angeles vertel. 

Chase se getuienis van die gebeure op die chaotiese dag stem ooreen met dié van Jackson se sekuriteitswag, persoonlike assistent en persoonlike lyfwag wat almal beweer hulle het Murray se gedrag as senuweeagtig en haastig beskou voordat Jackson doodgevind is.

Murray, Jackson se persoonlike dokter, het skuld op 'n aanklag van onvrywillige manslag ontken.

Die staat beweer Murray het Jackson die sterk verdowingsmiddel Propofol gegee wat tot die sanger se dood in Junie 2009 gelei het.

Kliek hier om na Chase se getuienis te luister.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.