Jackson se patoloog: Dit was moord
2011-10-11 23:00
Los Angeles – Die patoloog wat verantwoordelik was vir die
nadoodse ondersoek op Michael Jackson, het getuig dat die superster vermoor is berig Sky News.
Christopher Rogers het aan die hooggeregshof
in Los Angeles gesê dat Jackson gesond voorgekom het vir sy ouderdom.
Hy het getuig dat in sy opinie, die superster dood aan “manslag”
toegeskryf kan word.
In antwoord op die vraag of hy die oorsaak van
Michael Jackson se dood kon bepaal nadat hy die toksikologiese verslag ontvang en dit met kenners bespreek het, het Rogers geantwoord: “Ja. Die oorsaak was manslag.”
Hy het bygevoeg dat Michael Jackson dood is
weens “akute propofol besopenheid”.
Rogers het gesê hy baseer sy slotsom op Dr.
Murray se verklaring aan die polisie waarin die dokter erken het dat hy vir Jackson Propofil
gegee het.
Rogers het bygevoeg dat dit “nie toepaslik” is
om propofol aan pasiënte met slaapprobleme te gee nie.
Die mediese toerusting in Michael Jackson se
kamer was ook volgens Rogers nie geskik om hom te monitor terwyl hy onder die
invloed van propofol is of om hom weer by te bring indien iets wou fout gaan
nie.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.